
Episode 2
15 September 2025’n Spoggerige afskop en ’n smaakvolle eerste uitdaging
Die wag is verby! Die Wynmeester het Woensdagaand amptelik op VIA afgeskop en wynliefhebbers landwyd aan hul sitplekke vasgenael.
Première in styl
Danie van der Merwe, die trotse Helderberger en aanbieder van die program, het op Donderdagaand (28 Augustus) gaste by ’n eksklusiewe voorskou verwelkom. Die gesogte geleentheid het by Prime Wagyu in Strand plaasgevind en was gevul met styl, glimlagte en ’n glas of twee wyn. Familielede, vriende, media en natuurlik die ses onafhanklike wynmakers self was teenwoordig. Dit was die perfekte afskop vir wat beloof om ’n opwindende reeks te wees.
Episode 1: Kitskos kry wynstatus
Die eerste uitdaging was alles behalwe alledaags. Elke wynmaker moes ’n wyn kies wat perfek by ’n kitskoshappie pas. Die draai? Hulle het net ’n beperkte begroting gehad om ’n wyn aan te skaf wat pas by hul happie. Hierdie uitdaging het nie net kreatiwiteit getoets nie, maar ook hul vermoë om wyn maklik en toeganklik vir almal te maak.
Die kombinasies was verrassend en het gewys dat wyn nie net saam met fynproewersgeregte hoort nie, maar ook ’n perfekte maat vir eenvoudige happies kan wees.
Gaste en beoordelaars
Die aand is verder verryk deur die kundige oë en smaakknoppies van Abrie Beeslaar van Beeslaar Wines en Maraleze Knoetze van Ardagh Glass Packaging, wat as gaste en beoordelaars vir die eerste episode opgetree het. Hulle insigte het die wynmakers nie net uitgedaag nie, maar ook waardevolle perspektief bygevoeg.
Ons borge
Die eerste episode sou nie moontlik gewees het sonder ons fantastiese borge nie. ’n Groot dank aan:
- Ardagh Glass Packaging – Hoofborg
- GWM/CFAO Mobility
- Fjällräven
- The Vineyard Connection
- SwanSA
- Kleinood Winefarm
- Michelangelo International Wine & Spirit Awards
Hulle ondersteuning help om Die Wynmeester tot lewe te bring en die stories van onafhanklike wynmakers landwyd te vier.
Wat wag in Episode 2?
Met die eerste uitdaging wat reeds hoë standaarde gestel het, kan kykers hulle regmaak vir nóg meer verrassings en wyninspirerende oomblikke. Episode 2 belowe om die wynmakers verder te toets en ons nóg nader aan hul unieke stories te bring.
Moenie dit misloop nie – nuwe episodes van Die Wynmeester wys elke Woensdag om 18:00 op VIA (DStv-kanaal 147).
Besoek ons webwerf
By www.diewynmeester.co.za kan jy meer oor die wynmakers leer, hul reis volg en selfs jou eie mening gee oor wie die titel van Wynmeester moet wen.
Nog beter – die wynmakers se eie wyn is ook beskikbaar om aan te koop direk vanaf die webblad. Nou kan jy saam met jou gunsteling wynmaker se reis proe en geniet!








