
Clarise Sciocatti-Langeveldt:
17 October 2025
Alexander “Xander” Grier
24 October 2025’n Reis na die Hart van die Wynmakers en die Groot Finaal wat Wag!
Verlede week Woensdag op VIA (kanaal 147), het Episode 7 van Die Wynmeester ons op ’n inspirerende reis geneem. Dit was nie net deur die wingerde nie, maar ook deur die harte van ons Top 3 wynmakers. Hierdie episode was ’n eerlike en emosionele blik op die mense agter die wyn, en dit het ons almal laat besef: ware wynmeesterskap begin met passie.
Met ‘n kuier in elke finalis se kelder, het ons ’n intieme kykie gekry na waar die hele proses begin – daardie proses van druiwekorrel tot wyn. Elke wynmaker het hul persoonlikheid, styl en storie uitgestraal en dit was oor meer as net wynmaak; dit was hulle eie storie deur smaak, geur en tradisie.
Elke kelderbesoek het iets besonders getoon. Die harde werk, die liefde vir die grond, en die trots wat in elke druppel wyn vasgevang word. Hierdie reis het ons nie net ’n beter begrip gegee van die wyne nie, maar ook van die mense wat dit met soveel toewyding skep.
🌟 Op pad na die Groot Finaal!
Nou, met die Top 3 oor, is dit tyd vir die oomblik waarvoor almal gewag het — die Groot Finaal van Die Wynmeester!
Hierdie Woensdagaand op VIA om 18h00, gaan ons sien wie uiteindelik met die kroon wegstap as Suid-Afrika se eerste Wynmeester!
Die Top 3 moet hul kundigheid en fynproewerstalent in een laaste uitdaging bewys. ’n Charcuterie– en kaasbord moet saamgestel word wat perfek by hul eie wyn pas. Hierdie opdrag vra nie net vir ‘n goeie palet nie, maar ook vir kreatiwiteit en kennis van kos en wyn.
Sal hulle gaan vir sagte brie of geurige gorgonzola? Souterige prosciutto of plaaslike biltong? Elke keuse moet hul wyn se karakter laat sing.
Daar wag ook ’n paar verrassingsbesoekers, wat die finaal ekstra spesiaal maak. Kyk saam om te sien wie dit gaan wees! Kom deel in die spanning en die vreugde en klink ‘n glasie saam met ons.
Moenie hierdie glansryke afsluiting mis nie! Die Wynmeester se groot finaal beloof om vol inspirasie, styl en wynpassie te wees.
📺 Skakel in hierdie Woensdag aand op VIA, DStv kanaal 147.
🍷 Wie sal gekroon word as Suid-Afrika se eerste Wynmeester?
Onthou: elke onafhanklike wynmaker se wyn is beskikbaar om te koop op www.diewynmeester.co.za.








