
Episode 6
14 October 2025Die Aansoeke is Nou Oop!
Het jy die neus, die palet en die talent? Het jy die wen-wyn wat die beoordelaars sal laat regop sit?
Elke goeie wyn het ’n storie en ons wil jóúne hoor.
Na die sukses van die eerste seisoen, waar onafhanklike wynmakers hul passie, kreatiwiteit en kennis in dié kompetisiereeks gewys het, is ons slaggereed vir die volgende hoofstuk. Seisoen 2 van Die Wynmeester is op pad na VIA (DStv-kanaal 147), en die soektog na die volgende Wynmeester het amptelik begin!
As jy ’n onafhanklike wynmaker is met jou eie geproduseerde wyn, dan is dit jou kans om jou storie, jou wyn en jou talent op nasionale televisie te deel. Onder die skerp oog van ervare beoordelaars sal deelnemers getoets word op kennis, innovasie en natuurlik die vermoë om ’n wyn te skep wat ‘n blywende indruk maak.
Seisoen 1 het gewys hoe wynmaak meer is as net tegniek. Dis die storie agter jou etiket, die deursettingsvermoë, die kreatiewe risiko’s en die liefde vir die wingerd.
Is jy gereed om mee te ding vir die titel van Die Wynmeester?
Inskrywings vir Seisoen 2 is oop, en ons nooi jou uit om jou aansoek in te stuur. Besoek die amptelike webtuiste by www.diewynmeester.co.za vir alle besonderhede.
Kontak gerus die span by info@diewynmeester.co.za vir enige navrae.
Vir fantastiese pryse EN die titel van Suid-Afrika se volgende WYNMEESTER – skryf in!







